Investituurstryd

Keiser Hendrik IV vra Mathilde van Toskane en ab Hugo van Cluny om te bemiddel by Pous Gregorius VII.

Die Investituurstryd[1][2] was 'n magstryd tussen die keisers van die Heilige Romeinse Ryk en die pouse van Rome tydens 11e en 12de eeu. Die stryd is vernoem na die liturgiese handeling met die aanstelling van 'n biskop waar die staf en ring van sy amp aan hom gegee is. Die twis was in wese oor die benoeming van hoë geestelikes soos ryksbiskoppe en abte en abdisse. Beide die keiser en die pous wou die aanstellings maak.

  1. Investiture Controversy. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
  2. Löffler, K. (1910). Conflict of Investitures. In The Catholic Encyclopedia. New York: Robert Appleton Company. Retrieved May 29, 2014 from New Advent: http://www.newadvent.org/cathen/08084c.htm

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search